6 Maart 2023

Dagstuk
Hosea 9
Israel se afgodery beskryf die Here deur Hosea as prostitusie!
“Hulle het uiters verdorwe opgetree soos in die dae van Gibea. Hy gaan hulle sondeskuld in herinnering roep, Hy gaan rekenskap eis oor hulle sondes.”
Hosea 9:9 AFR20
 
Die rekenskap wat die Here gaan eis van Israel gaan verskriklik wees en word hier uitgespel.
“My God verwerp hulle, omdat hulle nie na Hom geluister het nie. Hulle sal swerwers wees onder die nasies.”
Hosea 9:17 AFR20
Dit is net so vervul: na die Assiriese verwoesting van Samaria is Israel weggevoer en het nie weer terug gekom soos Juda na hulle Babiloniese ballingskap nie.
Dus was hulle vir duisende jare swerwers en kon jy Jode of Israeliete orals oor die wêreld kry.
Here mag ons U saam met ons kinders bly dien!
U is die God van geslagte!