5 Maart 2023

Dagstuk
Hand. 3
Petrus en Johannes doen ʼn wonderwerk in die tempel voor die hele volk:
“Maar Petrus het gesê: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop! ””
Handelinge 3:6 AFR20
Met verbasing het die hele volk geluister, want almal het die verlamde bedelaar geken wat nou gespring en gedans het!
Petrus neem die geleentheid om die evangelie te verduidelik aan die mense wat Jesus gekruisig het omtrent 2 tot 3 maande na die kruisiging!
Mag ek en jy Sy goeie nuus staaf met bo-natuurlike wonderwerke om n deur oop te maak om met ongelowiges te kan praat!
Here hier is ons gebruik ons soos U Petrus en Johannes gebruik het om wonders te doen!
U is die God van Wonderwerke!