4 Maart 2023

Dagstuk
Esra 2
Dis so wonderlik dat meer as 50 000 mense terugkeer uit ballingskap om Jerusalem en die tempel te herbou!!
Hierby is priesters, leviete, sangers, tempel-dienaars en almal wat nodig was om aanbidding in Israel weer te maak werk!
Moet egter nie die belangrike name van bv. Mordegai mis nie!
Ester se oom en belangrike amptenaar van Ahasveros (Xerxes) se beloning vir sy geloof en aandeel in die redding van Israel word beloon deurdat hy terug keer na sy tuiste die Heilige land!
Here dankie vir tweede kanse en herstel!
U is Genade!