3 Maart 2023

Dagstuk
Hosea 8


Samaria die hoofstad van Israel se oordeel oor hulle goue kalf aanbidding (v. 5) word hier duidelik gemaak.
Assirië sou hulle later beleer en soos die skrif sê “met vuur hulle vestings bestook!”
Pyle en Katapults is gebruik om vuur teen die stad se mure te gooi.

v. 7 Sê: as jy wind saai sal jy n storm oes!
Jou verkeerde dade kan in n massiewe ramp op eindig, pasop om “klein” verkeerde goed te doen, dit het groot implikasies!

Here ons wil U aleen ken en dien!
Help ons om elke afgod, issue, ja elke ding wat in U plek in ons harte staan, uit te gooi en U aleen die ere plek in ons harte te gee!
U is ons Enigste God!