1 Maart 2023

Dagstuk
Esra 1

Die Here gebruik Kores, die koning van Persië, om Sesbassar en Esra en al die Jode wat wil te laat terugkeer na Jerusalem na 70 jaar van ballingskap!
Die tempel moes herbou word en soos Jeremia dit geprofeteer het was Kores die instrument in die Here se hande om te eindig wat Nebukadneser begin het.
Boonop is daar soveel guns in Kores se hart dat hy die Jode terug stuur met baie van die tempel skatte en voorwerpe om die tempel diens weer te kan hervat.
Konings van daardie tyd het nie goud en silwer gegee nie hulle het meeste van die tyd dit gevat!
Die Here was aan die werk!

Here dankie vir genade en dat die 70 jaar van ballingskap kon eindig!
Dankie ook vir nuwe beginne in ons lewens!

U is die Koning van die konings!