28 Februarie 2023

Dagstuk

Hosea 7
Efraim of Israel word veroordeel omdat hulle teen God draai en nie berou het nie!
“Israel se hoogmoed getuig teen hom, maar hulle keer nie terug na die Here hulle God nie; te midde van dit alles soek hulle Hom nie op nie.”
Hosea 7:10 AFR20
Rebellie teen die koning, dronkenskap, woede, diefstal en afgodery was aan die orde van die dag in Samaria, Israel se hoofstad.
Daarom het Assirië hulle later beleer en in ballingskap weggevoer.
Here mag ons konstant in nederige berou voor U enige sonde kom bely wat dalk tussen ons en U kan kom staan!
U is die Een wat vryspreek en die Een wat oordeel!!