27 Februarie 2023

Dagstuk
Handelinge 1
Teofilus beteken: vriend van God!
Lukas het dalk sy twee boeke aan n hoog-geplaaste geskryf en/of dalk aan jou en my?
Lukas begin met Jesus se opvaar na die hemel en die belofte van die Heilige Gees:
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.””
Handelinge 1:8 AFR20
Hierdie sending opdrag aan elkeen van ons is die rede hoekom God se Gees in ons woon en werk!!
Terwyl die dissipels saam met ʼn groep van 120 in die bo-kamer van Markus se ma wag op die beloofde Gees, kies hulle ʼn plaasvervanger vir Judas Iskariot.
Hulle gebruik egter die Ou Testamentiese metode van loting terwyl ons as Nuwe testament gelowiges nou die Heilige Gees het wat ons lei.
Here help ons om U stem te hoor en dan deur U Gees die vrymoedigheid te kry om van U orals te gaan vertel!
U is die Lewende Gees!