25 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 6

Hosea se profesie bevat iets van n Messiaanse boodskap:”… op die derde dag sal Hy ons laat opstaan”.
Die Heilige Gees het deur die profete gepraat as hulle die volk weer aangemoedig het om hulle tot God terug te keer.

Daarom vra Hosea dat ons die Here moet ken!

“want Ek verwag troue liefde, nie offers nie; kennis van God, eerder as •brandoffers.””
‭‭Hosea‬ ‭6‬:‭6‬ ‭AFR20‬‬

Here U soek verhouding met U eerder as rituele en godsdienstige gebruike!
Dankie vir U Woord waardeur ons U kan leer ken!
U is die hersteller van ons lot!