23 Februarie 2023

Dagstuk
Hooglied 7
“Ek behoort aan my liefste en sy begeerte is na my.”
Hooglied 7:10 AFR20
Jesus U is ons Liefste!
U is lief vir ons en wil by ons wees!
Soos ʼn man en ʼn vrou intiem mekaar begeer so smag ons na intimiteit met U o Here!
Ons is opgewonde dat die “hemel”, die ewige lewe saam met U, ʼn tyd van diepe verhouding met U gaan wees wat ons verstand nou nie kan begryp nie.
 Dus gee U die huwelik as voorsmaak en die wonderlike gawe van die intieme liefde as beeld dat ons ʼn voorsmaak van ons verhouding met Jesus vir ewig kan hê!
Here ons kan nie wag vir ʼn volmaakte intieme verhouding met U by U nie!
U is ons Liefste wat ons begeer!