22 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 5
Israel word ook Efraim genoem (die grootste van die 10 stamme) en Juda (Dis Benjamin en Juda saam as suidelike deel van Israel) het teen die Here gesondig deur afgode te aanbid!
Die Here gebruik taal van ʼn vrou wat ontrou was aan haar man soos Gomer aan Hosea ontrou was.
Hier sien ons reeds dat Israel vir Assirië om hulp gevra het en hulle later Samaria (Israel) oorwin en weggevoer het.
Dieselfde sou met Juda en Babilonië gebeur!
Here as ons hulp by die wêreld soek kan dit ons dalk juis te na kom! Ons wil slegs by U kom pleit vir hulp!
U is ons troue Man!