21 Februarie 2023

Dagstuk
2 Tim. 4
Die heel laaste hoofstuk van Paulus se laaste brief is so verblydend om te hoor hoe hy weet sy dood is naby maar hy het die wedloop end uit voltooi!!!
Dan gee hy vir oulaas aan Timoteus die raad:
“Verkondig die woord, hou tydig en ontydig aan, weerlê, bestraf, bemoedig in alle geduld en deur lering.”
2 Timoteus 4:2 AFR20
Ek en jy moet elke geleentheid aangryp om oor die Here te praat!
Daar is NOOIT ʼn ongeleë tyd nie!
Sy Woord is altyd in seisoen!
Hiermee moet ons volhard en as ons aanhou om van Jesus te vertel, sal Hy ons beloon met Sy wederkoms!
Here gee ons die dappere vrymoedigheid om ALTYD van U te bly vertel en getrou daarin te wees!
U is die Regverdige Regter wat die oorwinnaars kroon op ons koppe sal sit!