20 Februarie 2023

Dagstuk

Hooglied 6
“Die meisies sien haar raak en noem haar gelukkig…”
Netso is ons die Bruid van Christus bevoorreg en word absoluut beny deur die wêreld.
Ek sien dit weer met die herlewing wat uitgebreek het in Asbury Universiteit in die VSA.
As die wêreld se nuus daaroor berig is hulle opgewonde jaloers en verstaan nie wat daar gebeur nie.
Here ons smag na herlewing en dat U ons land so aanraak dat almal daardeur verander sal wees selfs die wat U nie dien nie!
U is die Mooiste van al die wat ons lief het!