19 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 4
“My volk gaan ten gronde weens ʼn gebrek aan kennis!”
v. 6
As jy nie weet nie en oortree bly jy skuldig!
Dis jou eie verantwoordelikheid om reëls, landswette maar veral die Here se woord te ken sodat jy NIE kan sê: ek het nie geweet nie!
Die sonde wat Israel in die tyd van Hosea gedoen het klink soos die van Suid Afrika vandag!
Daar is ʼn oordeel teen mense wat hulle verset teen God, so kom ons bid vir ons land se bekering!
Here ons bid dat SA sal terugkeer na U!
Hierdie land en sy mense behoort aan U!
Rig asb bidders op en mense wat nie skroom om die Waarheid te praat en te leef nie!
U is die Een wat net reg aanvaar!
U is Regverdig !