18 Februarie 2023

Dagstuk

2 Tim. 3
As Paulus vir Timoteus waarsku teen mense wat kastig godsdienstig is maar boos en vêr van die Here af is, dan besef ons dat ons anders moet leef soos Paulus vir ons ʼn voorbeeld gestel het, al beteken dit vervolging deur die wat net hulle ore gestreel wil hê. 
Ons het immers die Woord as ons lewens- riglyn:
“Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.”
2 Timoteus 3:16-17 AFR20
Here dankie dat U ʼn goeie taak het met ons!
Leer ons asb uit die Bybel hoe om te leef!
U is die Volle Waarheid!