16 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 3
Hosea huur weer sy eie vrou terug nadat sy weer as ʼn prostituut begin optree.
Die hartseer en vernedering is profeties deel van die boodskap dat Israel afgedwaal het van die Here, maar dat Hy steeds hulle Man is en dat hulle Hom weer sal kies as beminde al is dit nie nou nie. 
Here dankie vir U troue liefde!
U bly getrou al is ons nie!
U is die onkondisionele Liefde wat ons vir ewig sal bemin!