14 Februarie 2023

Dagstuk
Hooglied 4
ʼn Wonderlike romantiese hoofstuk waarin die Bruidegom sy bruid se skoonheid en aanloklikheid beskryf.
Deel van ʼn intieme verhouding waarin ons, ons liefde met mekaar deel is ook om mekaar se liggame te respekteer en dit te geniet!
Hierdie pragtige manier om ʼn vrou se liggaam te beskryf wys ons iets van die ou Testamentiese tyd in Israel en wat mooi, belangrik en geurig was in daardie tyd!
Miskien is vandag ʼn goeie tyd om jou vrou (of man) op ʼn mooi manier te komplimenteer deur hulle eienskappe te beskryf soos die verliefde digter in sy taal dit gedoen het.
Here dankie dat U ons lief het en by ons wil wees!
U is ons Beminde naby ons!