13 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 2
Oordeel, terugkeer, genade, oordeel, terugkeer en weer genade is die siklus wat oor en oor deur die geskiedenis afspeel met die mensdom, met Israel soos ons hier sien, maar ook met elke individu, met jou en my!
Ongehoorsaamheid bring ʼn droogte, vir Israel vir amper 2000 jaar, (somtyds is daar woestyn tye in jou lewe omdat jy teen die Here kies) maar in Sy genade kies Hy weer Sy volk en maak hulle weer vrug aar in Israel!
So kies Hy jou en my en seën ons waar ons is sodat ons nie anders kan as om Hom as ons God te vereer nie!!
Here dankie dat U genade onbeskryflik groot is!
U is my God!