12 Februarie 2023

Dagstuk
2 Tim. 1.
Al is Paulus in die tronk, moedig hy die jong Timoteus aan om nie terug te deins van sy roeping om te preek nie!
Ook nie om skaam te wees, of bang te wees oor die boodskap wat ons verkondig nie!
“God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”
2 Timoteus 1:7 AFR20
Mag ek en jy weet dat daar mentors soos Paulus agter ons staan, maar ook Goddelike familie soos mas en oumas wat vir ons bid! v. 5.
Here dankie vir ʼn geestelike familie om ons wat hulle oor ons ontferm soos Onesiforus in Rome en vroeër in Efese vir Paulus gesorg het.
U is ons Vader!