11 Februarie 2023

Dagstuk
Hooglied 3
Soos hierdie jong vrou oorstelp is van vreugde om Salomo, haar beminde te sien en met hom intiem tyd te spandeer, so moet ek en jy uitsien om met ons Bruidegom, Jesus, tyd te spandeer!
Intimiteit is ʼn gedeelde kosbare ervaring!
Jesus wil met jou tyd spandeer as jy die geleentheid vat om Hom te soek!
Here dankie dat U ons soek, nog meer as wat ons na U soek!
Dankie dat U met ons intieme tye van diep gesprekke wil voer en so ons kom verseker van U liefde vir ons en wie ons is in U!
U is my Geliefde!