10 Februarie 2023

Dagstuk
Hosea 1
Die Here sê vir Hosea om met Gomer die prostituut te trou.
Uit hierdie “profetiese” huwelik (Israel het ge-hoereer het die Here gesê) kom 3 kinders.
Hosea noem hulle profeties:
Jisreël , want by Jisreël gaan die Here Israel oordeel.
Lo-Rugama
“Lo” is nie en Rugama beteken omgee.
Die jongste word genoem Lo-Ammi
Ammi beteken my volk.
Dus sê die Here vir Israel julle is nie meer my volk nie!
Die Here belowe egter genade aan die einde van die hoofstuk deur te sê Israel en Juda sal weer saam kom (sedert 1948 is dit so) en weer Rugama en Ammi genoem word.
Here dankie dat ons ontferming ontvang van U!
Ons is nou U kinders!
(Joh. 1:12)
U is die Groot Ek Is vir ons!