9 Februarie 2023

Dagstuk
1 Tim. 6
Saam met Timoteus word ons ook deur Paulus gewaarsku:
- om nie af te dwaal van die geloof nie maar by die Waarheid te bly!
- ook nie te stry oor wat waar is nie, argumente en debatte kom tot niks.
- verder ook, om nie geld na te jaag nie maar eerder in nederigheid die Here te soek.
As Paulus oor en oor so duidelik vir ons stel om nie geld lief te hê nie maar tevrede te wees met wat die Here ons gee hoekom bly gelowiges dit vandag nog mis?
“Wat wel 'n groot wins is, is godvresendheid wat met tevredenheid gepaardgaan.”
1 Timoteus 6:6 AFR20
Here help ons om U te vrees, te respekteer met tevrede harte oor U voorsiening!
U is die lofwaardige en Enigste Heerser!