8 Februarie 2023

Dagstuk
Hooglied 2
Hierdie 2 verliefdes se mooi woorde aan mekaar is deurweef met verwysings na die natuur.
Hulle praat van mekaar as bokke: hy is haar “rooi takbok”.
Verder  word daar ook verlief gesing van vrugte en wyn.
Daar is egter ʼn spreekwoord wat uit die gedeelte kom:
Vang die klein jakkalsies dat hulle nie die wingerd vernietig nie.
Vir ons beteken dit om korte mette te maak van klein probleempies en irritasies in die huwelik.
ʼn Ommuurde wingerd het dreinerings-gate gehad waardeur net klein onvolwasse jakkalsies kon pas en as hulle dan deur die wingerd in bot gehardloop het, het hulle die bestuiwing proses geruïneer.
Here help ons om elke klein sakie in ons verhoudings vas te vat voor dit groot word of groot skade verrig!
Ons besef ons het ʼn toekoms en wil vooruit gaan ons wil nie hê onbenullige frustrasies moet ons effektiwiteit stop nie’
U is ons Beminde!