6 Februarie 2023

Dagstuk
1 Tim. 5
Duidelik instruksie word aan Timoteus, die pastoor, gegee oor hoe om met verskillende tipe gemeente lede te werk.
Mans en vrouens, oud en jonk moet almal op ʼn bepaalde wyse hanteer word volgens Paulus.
Selfs die prediker van ʼn gemeente en ander leiers se dissipline word bespreek.
“Moenie 'n klag teen 'n ouderling aanvaar nie, behalwe as twee of drie getuies dit kan bevestig.”
1 Timoteus 5:19 AFR20
 
Dit is oor hierdie skrif dat ek dikwels eers ʼn saak sal los as daar n aanklag teen iemand inkom.
Dit help nie om op die eerste nuus oor n saak te reageer nie, ons kan maar meer gereeld wag vir bevestiging uit n 2de of selfs n 3 de bron.
Here dankie vir mense om ons wat saam met ons U dien!
Help ons om hulle goed te behandel en so U liefde aan hulle te wys!
U is die Hoof van ons Familie!