5 Februarie 2023

Dagstuk
Hooglied 1
Salomo skryf ʼn liefdesgedig aan ʼn geliefde van hom en hoe sy hom sou antwoord.
Alhoewel hierdie ʼn uiters romantiese boek tussen twee verliefdes is (jode mag dit eers lees as hul ouer as 18 is) gaan dit ook vir ons oor ons Geliefde, die Bruidegom, Jesus se liefde vir ons Sy Bruid, die kerk.
Here dankie dat U ons lief het!
Dankie vir die huwelik en dat ons deur ons verliefdheid met iemand op aarde, iets van ons ewige intiemiteit met U kan smaak.
U is ons Geliefde!!