4 Februarie 2023

Dagstuk
Daniël 11
Daniël skryf in die tyd van die Persiese konings die visioen neer oor die regering wat na hulle gaan opstaan: die Grieke!
Hy beskryf Alexander die Grote se oorname van die wêreld, maar soos ons weet sterf die Griekse veroweraar op ouderdom 30 jaar en word sy hele koninkryk in 4 gedeel en vir sy 4 grootste generaals gegee.
Die verdere geskiedenis wat Daniël dan beskryf is hoe die geslagte van heersers van 2 van die streke dan optree: naamlik Assirië (koning van die noorde) en Egipte (koning van die suide).
Die twee koninkryke se Griekse geskiedenis word noukeurig neergepen voor dit gebeur het, want Israel is reg tussen die twee vegtende partye wat hulle stryd so 300 jaar lank om Daniël se volk gevoer het, voor die koms van Christus!
Die tipe van die Antichris wat nog later sal verskyn word ook beskryf.
Here dankie dat U vooraf presies weet wat gaan gebeur en dat U konings se heerskappye in U hand hou!
Geskiedenis gaan oor U: “His-story” is Your story!
U is die Koning van die konings en die God van Israel!