3 Februarie 2023

Dagstuk
1 Tim. 4
In teenstelling met valse leraars wat mense verkeerde dinge leer en reëls op hul lê, sê Paulus aan die jong pastoor, Timoteus, om nie net die Waarheid te preek nie maar dit ook te leef!
“Wees noulettend op jouself en die leer; volhard daarin; want sodoende sal jy jouself red en ook hulle wat na jou luister.”
1 Timoteus 4:16 AFR20
Here help ons om voorbeeld lewens te leef wat die goeie nuus staaf wat ons verkondig!
U is die Waarheid!