1 Februarie 2023

Dagstuk
Daniël 10
Daniël bevind hom in die middel van ʼn geestelike stryd.
Hy is besig met ʼn 21dae vas en sy liggaam is swak.
Dan ontmoet hy ʼn engel wat hom kom versterk en vir hom kom vertel van die stryd teen die prins van Persië, ʼn demoniese mag wat deel vorm van die sataniese komplot teen die Here se volk Israel.
Ons moet weet dat ons ook in so ʼn geestelike stryd is en dat Jesus reeds die oorwinning behaal het oor die demone oor Pretoria en Suid Afrika, maar dat ons die oorwinning moet vat en uitleef en uitspreek oor ons land!
Here kom versterk ons asb soos U Daniël in sy gebedstyd bygestaan het.
U is die Heerser oor Alle engele en demone!
U is die Oorwinnaar!