31 Januarie 2023

Dagstuk
1 Tim. 3
Die Here wil graag Sy kerk in goeie hande los en daarom is daar riglyne van hoe ʼn pastoor se lewe moet lyk as hy in die bediening is, sowel as Ouderlinge en diakens!
Die vrug van hulle eie gesinslewe is baie belangrik in die oordeel wat ʼn gemeente moet fel as hulle so ʼn leier in die kerk wil aanstel.
Op die ou einde verteenwoordig hulle Christus deur hulle bediening aan die kerk en die wêreld daarbuite.
Here help ons as Kerk om ons leiers met oorleg te kies en laat ons dan asb Godvresende mense aanstel om ons te bedien!
Dankie dat U ʼn voorbeeld kom leef het van hoe leierskap werk deur te dien!
U is die Dienaar-Koning!!