30 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 11

Die prediker moedig ons aan om hard te werk. Om elke geleentheid te gebruik, want ons weet nie watter van ons planne suksesvol gaan wees en watter nie.
Ons moet egter in geloof werk al sien ons nog nie die regte omstandighede nie!!
“Wie die wind dophou, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.”
‭‭Prediker‬ ‭11‬:‭4‬ ‭AFR20‬‬

Omstandighede bepaal nie ons gehoorsaamheid nie, ons liefde vir die Here doen.

Here geloof beteken om te doen voor ek sien.
Al sê ons: “sien is glo.”
Weet ons by U : Glo ons voor ons sien!

U is die Waarmaker van U Woord!