29 Januarie 2023

Dagstuk
Daniël  9
Die Here bevestig dat Hy weer Jerusalem gaan herstel na 70 jaar se ballingskap, maar verder ook as die hoofstad na die verdrukking in die duisend jaar vrederyk.
So as Daniël met berou en sonde belydenis namens Israel na die Here kom, verseker die God van Israel aan Daniël dat Jerusalem herstel sal word: nou en in die verre toekoms!!
Here dankie vir nederige manne soos Daniël wat vir sy mense berou voor God wys!
“My Heer, hoor tog! My Heer, vergewe tog! My Heer, gee tog aandag en tree op! Moenie talm nie, om u eie ontwil, my God, want u Naam is uitgeroep oor u stad en u volk.””
Daniël 9:19 AFR20
Here so bid ons ook vir ons land Suid Afrika!
U is die Ewige Heerser!!