27 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 10
Wyse mense let op wat hulle sê!
Dis tot opbou van ander en nie om hulle sarkasties af te breek nie: dis dwaas.
So is een dwase opmerking of gesindheid soos ʼn vlieg in die salf: dit hoort nie daar nie en laat dit dus stink.
“Woorde uit die mond van 'n wyse bring guns, maar die lippe van 'n dwaas oorweldig hom.”
Prediker 10:12 AFR20
Here ons wil let op ons optrede maar veral oor ons woorde!
Help ons deur U Gees om nie sleg te praat van ander nie want selfs as dit in ʼn private situasie is kan wat mens negatief sê uitkom.
U is die Woord!