26 Januarie 2023

Dagstuk
Daniël 8
Daniël sien ʼn visioen oor die eindtye!
Hy sien hoe die Romeinse ryk in beheer kom deur die Grieke en die Mede en Perse van voorheen te oorwin.
Die weste deur Europa, en ander Westerse lande is die Romeinse ryk wat steeds voortgaan tot in met die Antichris opstaan en in Jerusalem ʼn valse aanbidding van homself gaan oprig in die tempel wat weer herbou gaan word.
Gabriel verduidelik aan Daniël die visioen wat nog nie eers in ons tyd klaar uit gespeel het nie.
Here dankie dat U die einde ken voor dit begin het en dat U by ons deur alle geskiedenis gebeure is.
U is in beheer!
U is die God van alle tye.