25 Januarie 2023

Dagstuk
1 Timoteus 1
Timoteus is die jong pastoor in die stad Efese!
Paulus sy leermeester, moedig hom aan om in die stad te bly en die mense daar in die Woord te onderrig!
In die boek Tessalonisense sien ons Paulus het Timoteus ook na daardie gemeente gestuur vir terugvoer en lering.
Paulus het die jong man vertrou, nogtans leer hy hom verder deur hierdie twee persoonlike briewe!
Elkeen van ons kan nog leer!
Here ons wil met ʼn leerbare gesindheid na U kom en vra om leiers soos Paulus met inspraak in ons lewens oor ons aan te stel!
Dankie dat Paulus nie verwaand en hoogmoedig of beterweterig vir Timoteus adresseer nie maar in nederige eerlikheid! v. 12-14
U is die Koning van die eeue!!!