24 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 9
Die dood is onvermydelik!
Almal van ons gaan deur die deur van die dood, maar dis die lewendiges wat nog ʼn keuse vir die Here kan maak!!
Maak die regte keuse vir Hom terwyl jy nog leef en vertel aan ander voor hulle sterf want dooies kan nie kies nie.
As ons gesterf het is dit te laat om Jesus te probeer kies.
“Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe; want daar is geen werk of verklaring, of kennis of wysheid in die •doderyk waarheen jy op pad is nie.”
Prediker 9:10 AFR20
Here mag ons U met Wysheid eer in ons keuses, ons woorde en ons lewens wandel?
U is Ewig!