22 Januarie 2023

Dagstuk
2 Thess. 3

In die gemeente van Thessalonika was mense wat moeilikheid gemaak het.  Ons lei af:
Dat hulle lui was,
Dwaallering verkondig het,
Ongeskik was met die res van die gemeente en Paulus hulle se lering in twyfel getrek het.
Dit was moontlik dieselfde groep waaroor Paulus in die vorige hoofstuk waarsku dat hulle dink die wederkoms het reeds gebeur.

Nou sê Paulus hou vas aan die geloof, volg die lering van jou leiers en volg ook hulle voorbeeld.
Verder moedig hy almal aan om hard te werk, want soos met homself, is dit deel van ons getuienis: ons hatde werk.

“Mag die Here julle harte rig op die liefde van God en die volharding van •Christus.”
‭‭2 Thessalonisense‬ ‭3‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U ons leer om nie “super-spiritual” te wees nie maar normale, hardwerkende gelowiges wat U liefhet en so leef!
U is die GENADE wat ons oor mekaar toebid!