20 Januarie 2023

Dagstuk
Daniël 6
Darius die Moeder die koning van die Mede en Perse het Daniël, wat afgetree was onder die vorige Babiloniese ryk, gebruik soos ʼn eerste minister.
Maar Daniël se politiese teenstanders was jaloers en gefrustreerd met sy regverdigheid en hulle smee ʼn komplot teen Daniël, gebaseer op die Koning se ego.
In stede van net die koning aanbid, vang hulle (soos hulle geweet het hulle sal) vir Daniël dat hy God aanbid.
Darius besef hy is gevang en probeer Daniël red, maar moet hom egter in die leeukuil gooi.
Hy bid egter vir die Here se beskerming oor sy vriend en werknemer en na ʼn nag se vas loop hy in geloof na die leeukuil en roep na Daniël!!
Die heidense koning se geloof in die Here is verblydend. Daniël se invloed in sy lewe soos met Nebukadneser s’n was so dat beide die Here leer ken het en begin bid het tot ons God!!
Die Here sluit die leeus se bekke op grond van Daniël se geloof en die koning se gebed!
Here dankie dat U red en verlos in die hemel en op aarde soos Darius getuig het!
U is die Lewende God wat in ewigheid bestaan! v. 27.