19 Januarie 2023

Dagstuk

2 Thess. 2
Die wederkoms het nog nie plaasgevind nie!
Paulus bemoedig die gemeente en stel hulle gerus na daar ʼn vals brief oor die Here se koms versprei is en dit boonop onder sy naam.
Hy verduidelik dat die Antichris eers moet kom en al sy bose dinge doen voor die Here gaan verskyn in oorwinning!
Here dankie dat U ons gerus stel dat daar wel ʼn einde aan alles gaan wees maar dat U in beheer van die einde is!
U is die Alfa en Omega!
Die Begin en die Einde.