18 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 7
“Kyk na die werk van God: Wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het?”
Prediker 7:13 AFR20
Jesus maak ons reg!
Die prediker dink alles is sinneloos en daarom ook maar hartseer, as Christus egter deur Sy Gees in jou woon is jy vol VREUGDE! (Gal. 5:22)
So hierdie wysheid sonder die Gees is hartseer!
Here dankie vir U Heilige Gees wat ons U blydskap laat beleef!
U is die Vreugde van die lewe!