16 Januarie 2023

Dagstuk
2 Thess. 1
Paulus moedig hierdie gemeente aan en sê dat hy vir hulle bid omdat hulle ly en verdruk word.
Hy noem ook dat hy trots is op hulle standvastigheid in geloof te midde van swaarkry en dat hulle vasbyt ʼn getuienis is vir ander gemeentes!
Hy noem egter dat hulle geroep is vir:
- Lyding (want as ons die Een wat gely het volg sal ons ook ly)
- Heropstanding ( almal van ons sal aan die einde van die tyd by Jesus wees!)
- vernietiging van jou verdrukkers (hel is ʼn realiteit vir die wat jou te na kom oor jou geloof)
Here dankie dat ons geroep is om voluit vir U te leef!
U is ons Beskerming!