15 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 6

“Ja, wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende sy min, sinlose lewensdae wat hy deurbring asof dit 'n skaduwee is? Wie is dit wat die mens kan inlig oor wat ná hom sal gebeur onder die son?”
‭‭Prediker‬ ‭6‬:‭12‬ ‭AFR20‬‬

Die Here die Almagtige en Alwetende God wat ons dien!
Dis Hy wat weet wat goed is vir ons en dis Hy wat ons deur Sy woord inlig oor die toekoms!

Dis vir Jom wie ons ook lewe!
As ons sou leef om die lewe te geniet deur goed te geniet, sou die lewe sinloos wees, maar nou geniet ons die Here in ons lewens!
Dit is waarom ons met n doel leef en nie meer sinloos is nie!
Die lewe gaan vir ons oor JESUS!

Here mag ons lewe en die geniet daarvan op U gefokus wees!
Met ander woorde ons leef vir U geluk en nie vir ons geluk of gemak nie!
U is ons Alles!