14 Januarie 2023

Dagstuk

Daniël 4
Hierdie hoofstuk in Daniël word deur ʼn heidense koning  geskryf!
Die gehate Nebukadneser wat Jerusalem 3 keer vernietig het en as boos beskou is, vertel hier self sy getuienis en hoe hy tot bekering gekom het en die Here as God erken het.
““En ek, Nebukadneser, besing en verheerlik en eer nou die Koning van die hemele, omdat al sy werke waarheid is en sy paaie reg, omdat Hy hulle wat met trots rondloop, kan verneder.””
Daniël 4:37 AFR20
Here U soek ons harte nederig voor U!
Dankie dat U ons aanhoudend waarsku om reg te leef soos wat U vir Nebukadneser eers gewaarsku het!
U is die Koning van konings!