13 Januarie 2023

Dagstuk
1 Thess. 5
Paulus sê ons is kinders van die lig wat nie in die duister is oor die Here se wederkoms nie!
“Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar waaksaam en nugter wees!”
1 Tessalonisense 5:6 AFR20
Hoe is ons waaksaam en nugter:
Hier gee die apostel en leier van die kerk praktiese toepassings van hoe ons moet leef en mekaar moet hanteer sodat ons ʼn lewe tot die eer van Christus kan leef.
Soos bv. :
“Wees altyd bly;
 bid sonder ophou;”
Wees dankbaar
Ens.
Lees weer hierdie basiese raad vir jou lewe voor die Here en doen dit!
Here dankie dat U ons regdeur die skrif wys wat aan die einde van tyd gaan gebeur en dat ons as U kinders nie onkant gevang word nie maar in die lig van U kennis van wat kom, leef.
U is ons Hoop!