10 Januarie 2023

Dagstuk
1 Thess. 4
Paulus beskryf hoe ons moet leef tot die Here se eer!
Hy roep ons lewens tot voorbeeld vir ander!
“God het ons tog nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligheid.”
1 Tessalonisense 4:7 AFR20
As ons dan so vir die Here leef gaan Hy ons kom haal as ons sterf en met Sy Wederkoms bring Hy ons saam!
“Want as ons glo dat Jesus gesterf het en opgestaan het – God sal ook so diegene wat gesterf het, deur Jesus met Hom saamneem.”
1 Tessalonisense 4:14 AFR20
Here wat ʼn troos en wat ʼn verantwoordelikheid!
Ons sal U uitleef, heilig voor die wêreld en dan met verwagting uitsien na die saam wees met U as ons sterf!
U is die Begin en die Einde!