9 Januarie 2023

Dagstuk
Sagaria 14
Sagaria profeteer oor ʼn toekomstige tyd, die 1000 jaar vrederyk as Jesus self in Jerusalem gaan regeer nadat die klimaat en tipografie van Israel verander is deur ʼn aardbewing met Sy wederkoms!
…Dan sal die Here my God kom en al die heiliges sal saam met Hom wees.”
Sagaria 14:5 AFR20
Min word in die woord gesê oor hierdie era van die toekoms m, maar ons moet weet van die era waar Jesus polities gaan regeer en daar ander reëls vir die nasies gaan geld, soos dat hulle die Loofhuttefees moet vier, anders kry hulle nie reën nie!
Here daar is nog so baie in die woord opgesluit oor die toekoms!
Sal U dit asb aan ons bly openbaar sodat ons met hoop kan uitsien na wat voorlê!
U is die God van Gister, vandag en more!!