6 Januarie 2023

Dagstuk
1 Thess. 3
Paulus se liefde vir hierdie groep mense word so mooi hier uitgevou!
Daarom stuur hy Timoteus na hulle toe om hulle te versterk!
Paulus wou eintlik self by hulle wees soos vantevore, maar hy besef dat dit met hulle baie goed gaan en hy is trots op hulle geloof en die uitleef daarvan.
“mag die Here julle liefde vir mekaar en vir almal laat toeneem en oorvloedig maak, soos ons liefde vir julle ook is.”
1 Tessalonisense 3:12 AFR20
Here help ons om ons liefde vir ons medegelowiges te kan wys!
U is Liefde!