5 Januarie 2023

Dagstuk
Sagaria 13
Die Here is nie tevrede met mense wat profeteer en sê hulle hoor van die Here maar hulle gee hulle eie opinie en verlei mense met valse idees nie.
Wees baie versigtig om te sê: “ Die Here het gesê:…”
Sê eerder:
“Ek ervaar die Here sê vir my:….”
Sodoende, deur die woord “ervaar” te gebruik gee jy die moontlikheid vir ander dat jy nie die enigste perfekte mens is wat die Here se woord alleen kan hoor nie, maar dalk is daar ʼn kans dat daar iets van jou eie vlees in die woord kan wees.
Kom ons wees nederig as ons profeteer en ons bring nie die woord van die Here op ʼn arrogante  wyse nie!
Here dankie dat U steeds met ons praat en deur ons bedien!
Help ons egter om met ʼn nederige gesindheid, U Waarheid oor te dra!
U is die Profeet!