4 Januarie 2023

Dagstuk
Prediker 3

Tyd kom van die Here af!
Ons is rentmeesters (bestuurders) van hierdie kosbare geskenk!
Ons moet dit dus goed gebruik!
Daar is ń tyd, ń seisoen vir elke ding en ons behoort geleenthede en fases raak te sien en te eer.

Ek hou van hoe die Engels v. 11 stel:
“He has made everything beautiful in its time. Also, he has put eternity into man's heart, yet so that he cannot find out what God has done from the beginning to the end.”
‭‭Ecclesiastes‬ ‭3:11‬ ‭ESV‬‬

Ons is gemaak om ewig te leef (eternity in our hearts) maar a.g.v. sonde het daar ń einde aan ons tyd op aarde gekom, daarom het ons ń begeerte na lewe.
Die Here aleen is egter die Een wat tydloos is!

Here mag ons die tyd wat U ons gee, baie goed gebruik, want ons gaan dit nooit weer terug kry nie!
Dankie dat deur U redding, U ons ook weer Ewige Lewe terug gegee het!
U is die Ewige God!