3 Januarie 2023

Dagstuk

Daniël 1
Daniël en sy 3 vriende word met die val van Jerusalem weggevoer na Babilonië en daar word hulle verkies om in ʼn tipe van Universiteit te bly en te leer tot Nebukadneser se voordeel.
Hulle besef egter dat hulle as jong Jode nie kan eet en drink wat die ander seuns op dieselfde program doen nie.
Daarom vra hulle vir ʼn vergunning by die amptenaar wat hulle moet versorg.
Hulle lyk egter beter na ʼn tyd as hulle maats en boonop beloon die Here hulle getrouheid aan Hom met wysheid, insig en kennis.
Hierdie 4 seuns, wat ongeveer 17 moes gewees het met die wegvoer na hulle vyande, staan in alle aspekte bo hulle maats uit en wen die guns van die wat met hulle werk maar ook met Nebukadneser, die koning van Babilonië!
Here help ons om die regte keuses te maak ten spyte van slegte omstandighede en help ons guns kry by U en by mense om ons!
U is die ware Koning!