2 Januarie 2023

Dagstuk

1 Thess. 2
Paulus het die Waarheid van die evangelie aan hierdie groep mense vertel en hulle het dit aanvaar ten spyte van vervolging.
Nou herinner Paulus hulle dat hy nie die boodskap verkondig het om geld te maak nie, hy het immers homself onderhou deur tente te maak terwyl hy ook gepreek het.
Hy moedig die gemeente in Thessalonika aan om vas te bly staan in hulle geloof.
Hy is trots op hulle:
“Want julle is ons eer en vreugde!”
1 Tessalonisense 2:20 AFR20
Here dankie vir mense soos Paulus wat ons leer van die Waarheid en ons oprig in geloof!
U is ons Leermeester!