31 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 12
Al bly Jerusalem vandag nog ʼn stad wat baie nasies, veral in die Midde-Ooste, verag, is die skrif eintlik oor die duisend jaar vrederyk se einde  
In daardie tyd nog meer as die Moslem nasies nou om Israel, sal nasies optrek om te veg teen die heerskappy van Jesus in Jerusalem!
Dit sal weer ʼn oorlog met perde en swaarde wees aangesien ʼn 1000 jaar se vrede ons dalk al die wapens laat vernietig het?
Daar lê ʼn nuwe seisoen vêr in die toekoms soos daar ʼn nuwe jaar more vir ons voorlê!
Here dankie vir ʼn toekoms waarin U steeds bly oorwin!
Mag 2023 ʼn oorwinnings-jaar wees!
U gaan ons vooruit!